Abel Kraamsaal en die Afstand tussen tyd
Kry Ampie weer so lekker pakkie van Lydia in Suid Afrika met Abel se nuwe cd Die Afstand tussen tyd in. Nou kyk, die saak staan nou so, Abel is mos nou al lank tyd een van my gunstelinge op die mark; hy het so ietsie anderste in die stem en manier van sing, hy is vars na n paar jaar steeds en hou aan om ons te verras met iets nuuts en anderste, totaal weg van die standaard Abel norm. Ek luister en luister en bly verras word, die een klink so en die ander klink so.... iets van Jazz tot Rock.... nie die gewone nie. Klaar geluister en ek druk die speelknoppie weer, nou luister ek na die produksie en die gehalte van die samestelling. En ek kry nie genoeg nie. Ek druk weer die speel knop en daar trek ons weg... die keer op die huis se eie ingeboude sisteempie. En die klanke vloei deur die huis raserig en hard en duidelik. Hier kan ek elke detail hoor, beslis maak ek nou seker ek mis niks nie. Vandag speel Afstand tussen tyd op die joekboksie en die menings stroom in, almal positief, een luisteraar van die Kaap se dit is die varste verandering in musiek wat hy in 'n lang tyd gehoor het. Ampie moet nogals saamstem. Ek waag nog een van Abel se liedjies op die joekboksie so rukkie later en weereens vra die mense na nog. Wel Abel..... ek verkoop nie cd's nie my vriend, maar jy is getref en jy sal moet verbeter op dit wat jy gegee het. Ek dink persoonlik jy gaan sukkel om jouself hier te oortref. Dankie vir die goeie produk wat jy release het. Die variasie op dit is goed en jy breek weg van die norm. Die liedjie keuse is eersteklas en my totale punt aan jou sal wees 8 uit 10, as ek punte moes gee vir die joppie, well done. Lekker luister mense en die cd kan bestel word by Lydia Winchester of deur my te kontak op Radio Suid Afrika. Ek sal julle die info gee waar om te gaan soek. Lekker Radio Groete aan almal

Ek is net so siek en sat vir die nuwe musiek prodiksies wat release word waar niemand kan uit maak waaroor dit nou eintlik gaan nie. Afstand tussen tyd verander die saak egter geheel en al vir my en maak my beslis een van Abel se ondersteuners nou. Dankie Abel.
Reply to this
Ek het saam met Amoie geluister na die CD. En stem saam ek hou daarvan.
Reply to this