Ampie en die joekboksie
Kyk laat Ampie julle die ding nou so vertel, as hier 'n nuwe musiekie hier by my uitkom, is ek klaar so orig soos 'n stout seuntjie met rooi koeldrank en jellie tots en kan ek nie wag om daardie musiekie op die joekboksie te laai nie. Maar Ampie luister eers na die musiekie op sy eie, soos die jaloerse oompie wat met niemand wil deel nie, net hy en hyself tel in daardie oomblikkies. Nou het die vriendelike antie Lydia weereens die genot in myse oge en ore gegooi toe sy die pragtige cds aanstuur..... dankie antie Lydia, jy is werklik 5 ster in my boekie en ek sal jou een reuse pampoen kook vir die moeite wat jy met my het....en ek maak haar pakkie oop, kan nie wag nie, die papier sukkel om te los en ek skeur toe maar oplaas die koevert, en my oge staar verwonderd na dit wat ek eerste sien.... 3 pragtige mooi jong nooiens op 'n fototjie en elkeen loer so skalks na my... ek smaak hulle kyk net vir my. Toe ek uiteindelik myse asem weer vir myself het, dag ek wag die lotte wil ek hoor. Shimmer...... klink warm soos die weerkaatsing van die son in die woestyn..... mirage noem ons dit.... en ek sit die cd in die speler. Eers weier die speler die cd, en halfongeduldig van afwagting druk ek weer en voila... daar werk dit en weerklink die vrolike klanke van Alleen in Johannesburg heel gaaf oor die Xterra se puik klankstelsel. Ek draai die joekboksie se volume nog effe hoër en sit behaaglik terug en luister. DIe stemmetjies van die drie aanvallige meisiegoed is sterk, hulle sit sommer stewig in die notesaal, die musiek pomp lewendig en my ore roep nog. Lekker musiek styl en ek haal antie Lydia se briefie uit en beginne te lees. Ja nee, my eerste indrukke word bevestig.... hierdie 3 dogters gaan nie met hulle laat mors in die musiekwereld nie, hulle is hier om te bly. En hulle skryf hulle eie musiek, lirieke de lotte.... voorwaar hier kom nog ietsie aan. DIe musiek gaan naderhand oor na Boereseun en ek dag ek kry amper die oerieps oor die dogters vir my so spesjil sing... net vir my ......... man die Ampie wil net die errie oor die groot water klim om die sakie van naderby te gaan beskou.
Nietemin.... puik samestelling met pragtige lirieke, goeie samestelling deur Mark en werklik 'n puik vrystelling... hiedie girls gaan die musiekmark opwen.... ek gee die produksie 7/10 vir lekker lusitergenot en paartiemusiek, iets ongewoon vir die oor en nie temerig en aaneen nie, die cd word beslis op die joekboks se speellys gelaai en gedeel met die res van die wereld. Hou so aan. En Lydia, weereens baie dankie.
Nietemin.... puik samestelling met pragtige lirieke, goeie samestelling deur Mark en werklik 'n puik vrystelling... hiedie girls gaan die musiekmark opwen.... ek gee die produksie 7/10 vir lekker lusitergenot en paartiemusiek, iets ongewoon vir die oor en nie temerig en aaneen nie, die cd word beslis op die joekboks se speellys gelaai en gedeel met die res van die wereld. Hou so aan. En Lydia, weereens baie dankie.

Gaanit mettie groovy ou toppie hier leef en lag ek darem elkedag en vat soms so tydjie om te luister en te verlang na die dae toe ek ook geraas het lol. Gaan van sterkte tot sterkte ampie en moet laat niks julle onder kry en stop nie...daar isse ding soos plagiaatwet as mense valslik adverteer jy weet lol eet hulle soos mielies
Reply to this