Musiek

Ek kry elke dag nuwe musiek om na te luister, some is die musiek werklik uitstekend, soms net gemiddeld, soms iets wat selfs nie die kat sou wou indra nie en dan kry jy daardie een cd om na te luister en jou lewe verander in ekstase, jy word weggevoer in die muse van storie, jy leef mee in die verhaal en die karakters spring een vir een voor jou geestesoog verby en jy kan nie genoeg van die musiek indrink nie.

Dit is wat ek ervaar het met Mel Botes se Flight of Bird (stormcd 003)  2009 (dankie aan Alishia). Ek ken Mel Botes al jare lank as kunstenaar en weet die ou is nog altyd lief vir een of ander voël vorm, maar hierdie vat die koek. Jy weet nie of dit Pink Floyd of Leonard Cohen is wat hier optree nie, maar jy weet dadelik hier is iets unieks, vandat die eerste voëls jou tref. Hier is iets anderste as die gewone, hier is Mel Botes...daardie unieke stem en styl, ongeewenaard in Suid Afrikaanse musiek en dan verstaan jy hoekom hy as een van ons grotes erken word.

 Mel neem  jou op 'n reis na die onbekende (dalk bekende, jy wil dit maar net nie erken nie) en alhoewel van die voël klanke kunsmatig klink, waar in jou lewe het jy gehoor van ganse wat rap, is dit die effek wat jou tref, en bring Mel jou in die verhaal in. Dan kom daardie unieke kitaarspel... is dit Roger Waters wat hier werk, of  is dit David Gilmour, nee dit is Mel Botes, maar die klanke storm voort na 'n crescendo en jy word stadig maar seker opgewerk, wetende hier kom iets groots aan, jy is In Flight, jy word bewus van die vlug, Charlie Bravo activities neem jou saam met daardie kitaarspel, en dan kom Mel terug aarde toe. Heerlik rustig, earth hy en nooi jou na die volgende vlug. Lazarus.....die tuiste van jou lewe, waar jy hoort. Dit klink half soos klassieke rock, anderste, wat soek ek na, dan gaan hy aan met die reis op soek na die heler van blou en verander die tempo en soek jy saam met die lonely dancer na daardie een song, maar jy gooi liewer die manuskripte weg, want jou needs is vir die future, nie nou nie. Jy is opsoek na die perfekte wereld in die future.....dan voer jou imagination jou weg na die woestyne van die lewe en soek jy jou vryheid van siel. Die kraaie skree om jou en dan word jy wakker feeling happy en good, die engele is om jou en jy wil sing tussen die vrese om jou heen.  Jy die fallen angel en jy roep na haar, maar sy ontwyk jou, sy word die skaduwee van jou beloftes en die donkertes van jou eie siel. Die soeker travel verder in die ouderdom van tyd en weg van die ruins van nou. En dan sluit hy af met die landing en is die reis voltooi, te gou, jy wil he dit moet nog aanhou.

Mel hierdie is na my mening van jou beste, ek hoop ons sien nog vele uit jou pen van die gehalte.Die produksie is baie goed saamgestel en jy bereik wat jy jouself uitsit voor.  Ek gee jou 9/10 vir die cd in sy geheel.  Dit bied goeie luistergenot en ek kan dit aanbeveel vir kopers wat hou van die moderne en klassieke musiek in rock  en veral vir Mel Botes aanhangers. julle sal nie teleurgestel wees nie, Gerhard jy moet dit vir jou ook kry.

 

What did you think of this article?




Trackbacks
  • No trackbacks exist for this entry.
Comments

Leave a comment

Submitted comments will be subject to moderation before being displayed.

 Enter the above security code (required)

 Name

 Email (will not be published)

 Website

Your comment is 0 characters limited to 3000 characters.