Moedertjie Rusland
Kyk, Ampie het so lekker sawwe week agter die lyf en het einde is dit nog niet. Nuwe planne word gesmee, nuwe vrienskappe gevorm en dit is die US ope met tennis. Nou kom Ampie in die aande en sit die twakkassie aan en bekyk bietjie die mooi meisies wat so tennis speel en word die verlange al hoe groter. Kyk hier is darem 'n paar briljante spelers op die baan gewees die week en van die beste gekeurdes is uitgeskakel sommer so tjoef tjaf, klaar kaf gedraf. Nou sit en kyk Ampie die dinge sooooo van die kant af en wonder so by homselwers waarom hy nie besluit het om kameraman te word vir die US ope nie. Hier is van die oulikste meisies wat speel en soms kyk jy tot binne in Moedertjie Rusland, of Moedertjie Spanje of watter Moedertjie ookal en man is die dametjies darem nou vir jou mooi gebou. Dan kom sit die vonkel weer in die oog en dink jy jisterday, die is darem maar deksels nice, heheheeheh. Maar kom ons los die tjol praatjies en gaan staan by die feite, hier by Ampie se twakkassie is die manne wat kommentaar lewer oud tennis spelers, nou ja sou mens dink hulle is die beste vir die joppie, want immers ken hulle die game de toet. Maar dan kan ek so moer omruk as hulle sulke negatiewe kommentaar lewer oor van die spelers, veral as daardie speler nie US speler is nie. Nou, een ding het ek al lank terug in die media bedryf geleer, as jy negatiewe kommentaar lewer, kom hap dit jou een of ander tyd in die gat. En so is dit ook die week gewees, die manne sit nog so en tjol praat oor die spelers, en dan klop daardie ongekeurde swak speler wat of te lank of te kort, of te maer of te dik, nie smaakvolle of stylvolle klere of nie goeie borge het, of wat ookal daar te se was, die top gekeurde speler tjoef tjaf en is die mense se monde stil tot die volgende game. Nou kyk laat Ampie nou maar gorrel so veel hy wil, ek het Mcenroe al die jare baie gelike as tennis speler, omdat hy so reguit en vol draadwerk was, maar Ampie dink eerlik hy moet nie dit nou toepas as kommentator nie, hier behoort jy totentaal unbiased te wees en net die feite weergee, jou persoonlike opinies op jou blog gaan neerstip en daai mense kans gee om te speel en hulle beste te lewer. Of gorrel Ampie nou weer net tjol? En bly die Maria Sarapova die mooiste doedie op die baan.

Wat van Ameli Mauresemo? Sy is net so oulik gebou!
Reply to this