Die lewe en die wiel

Die lewe en tyd stap saam aan in die rondte soos 'n wiel. Konstant sonder ophou, en jy kan dit nie beheer nie, jy kan nie dit terugdraai en oordoen nie, al wens jy hoe hard daarvoor, wat verby is, is meedoenloos agter jou, dus aanvaar, leer om daarmee saam te leef en verander om dit nie weer te herhaal nie. maklik ne?

Nee, soms is daar woede, teleurstellings, haat, passie noem dit net wat jy wil, in jou en moet jy vassteek en recap. En dit is by die vassteek waar ek vassteek met my donkie. Hy loop raak so steeks dat ek weet hier gaan ek nie maklik verby kom nie, dus kom ons resolve die saak. My vriendin sit in 'n situasie en moet deur dit werk, sy kan, en ek kan ook. Ek wonder net hoekom mense 'n punt maak daarvan om andere te misbruik vir hule eie gewin, en dan die belangrikste inligting verswyg, is dit om hulle swakhede te beskerm, of om ander te benadeel? Hoe ookal dit sy, met 'n blog sal mens nie dit regkry nie, jy moet eerder binne jouself gaan soek na herstel. Is dit moontlik, reparasie moet van binne kom, maar weereens, is dit moontlik? Ek weet nie, ek weet net die donkie is nou so steeks, hy move nerens heen nie.

Ek was so oppad na die suide van Suid Afrika om iets te gaan ondersoek, en ek stop oor op die blouberg om so bietjie die bene te rek en vars lug in te asem. Die stilte is presies soos Lukas beskryf, alles oorheersend, soms hoor jy 'n voel sy maat roep, soms is daar sonbesies wat raas, maar die stilte is mooi. Jy adem dit saam met die vars lug in en probeer jou koppie skoon kry van die helse teleurstelling wat jou getref het, die skok en ongeloof wat oor jou pad gekom het, jy weet jy moet dit verwerk, maar hoe? Koos Kombuis vat die aartappel boer aan, maar hy het my niks gemaak nie, hoekom sal ek hom karring, hy doen sy ding soos hy dink is reg. Dan dink ek aan Deon Moos, dit rym mooier, ek het lanklaas van hom gehoor, hy is mos iewers woelig met 'n shoot, jis die arrogante vent is steeds die teiken van my emosies, ek is nie oor sy arrogansie nie, sal seer sekerlik ook verby dit kom,  maar vir nou kan ek hom roer. Maar wil ek? Nee, nie regtig nie, hy is sekerlik ook geregtig op sy opinies, soos elkeen van ons, hy moet maar net leer om dit reg uit te druk. Ampie weet net dat sommiges nie gevra het om op hierdie aarde te wees nie, hulle is daar geplaas met 'n doel, en dit is ons plig om hulle te help om daardie doel te bereik, hoe gemaak as jy uit die bloute 'n oproep kry en jou hele bestaan word omvergewerp, alles waarin jy geglo het word in twee geskeur? Die mense wat jy geglo het is die beste toegerus om daardie een die regte en die beste kans in die lewe te gee, het jou gefaal, of is dit hulleself, of is dit daardie persoon wat vir jou so saak maak? Hoe dit ookal sy, jy weet jy moet ingryp, maar word wetlik gekeer, dus sit jy op die agterkant en trek maar die toutjies, maar weet dat selfs dit nooit genoeg is nie, jy het jou plig gefaal, jy het in jouself gefaal en die een wat jy moes bystaan en moes dra, alleen gelaat om vir hom of haarself te fend. En daardie persoon leer dat die lewe eintlik hard is en is verbitterd, en eintlik is dit nog net 'n kind, wat nie geleer het om ooit kind te wees nie, maar van kleinsaf moes groot wees. En jy was nie daar om daardie kind te beskerm nie. Jy was nie toegelaat om dit te doen nie, maar jy sit met die selfverwyt, en die mense wat dit moes doen, gee net niks om nie, dit is nie hulle probleem nie. Ek het nuus vir hulle, elke kind op hierdie aarde is jou probleem, elke kind op hierdie aarde verdien om gelukkig te wees, verdien om kind te wees, is geregtig daarop om beskerm te word, en as julle my nie gaan toelaat om hulle te beskerm nie, is ek jammer vir julle, want dan het julle verwronge haat in julle, julle minds is heel gef@k, want geen kind mag onder jou haat ly nie, dit is nie daardie kind se skuld nie, dus laat die wiel draai en sy volle draai klaar draai, gee daardie kind kans op oorlewing, moet nie dat daardie kind die wereld ingaan sonder die regte beskerming nie, die regte toerusting nie, gee die kind die regte wapens om die toekoms mee aan te durf, as jy dit in jou het om dit te kan doen natuurlik, maar ja, eintlik is jy die skuim van die aarde om jou eie vlees en bloed in sulke situasies te laat beland. En ek sluit my ook onder daardie kategorie in, want ek moes daar gewees het om te keer, te lei, te help. Ek was nie! Vergewe my asseblief dit en gun my die kans om dit reg te maak, gun my die kans om op te maak vir die verliese wat daardie kind het, die seer wat in daardie kinderhart is, as ek dit ooit kan regkry, want die seer is te rou!


Die tyd staan stil........ nooit nie, daardie wiel draai meedoenloos aan en die tyd word minder, en die kind is onskuldig in hierdie draai.

 

What did you think of this article?




Trackbacks
  • No trackbacks exist for this entry.
Comments

  • 9/23/2008 1:14 PM Ann wrote:
    Ampie,
    Hoe baie het ek probeer om die wiel te stop maar dis soos jy se ...wat verby is is verby .....en al wat oorbly is om te aanvaar en te verwerk en te bid...en vas te klou aan die vriend wat oorbly om jou op te help. Jou hand te vat en uit die donker hoek uit te trek en te wys dat die son ook vir jou skyn. Annie
    Reply to this
Leave a comment

Submitted comments will be subject to moderation before being displayed.

 Enter the above security code (required)

 Name

 Email (will not be published)

 Website

Your comment is 0 characters limited to 3000 characters.