Die Tyd Gaan So Gou Verby

Soos die liedjie van Lukas Maree sê is daar geen einde aan die tyd nie, maar dit gaan tog so gou verby. Ampie sit hier vanmore en dink aan alles wat nog gedoen moet word die week, dankie tog hier in die land is dit 'n kort week en Ampie vat langnaweek, maar daar is nog soveel om te doen. Ek wil graag eposse klaar beantwoord, van my luisteraars kla al ek beantwoord nie my eposse nie, ek ignoreer hulle. Nee my liewe vriende dit is nie die geval nie, ons het deur ongekende groei gegaan met heelwat tandekry pyne saam met dit, ek moes sekere besluite neem en dinge het nie altyd so lekker gewerk soos ek dit wou hê nie, selfs die donkie het naderhand halstarrig geword. Nietemin, ek het min of meer alles onder beheer, dit is werklik 'n lekker feeling om net weer in beheer te kan wees. Hierdie het al soos 'n rollercoaster ride begin voel, vol adrenalien en jy vat net hier en daar grond. Maar iewers moet ek ook tot ruste kom.


Wat gaan ek alles doen die naweek? Verseker sal ek bietjie gaan vlieg vir ontspanning, net lekker vry wees in die lug en alles inneem om my, ek sal bietjie gaan kyk hoe lyk die dinge by Ricks Boat Yard, dalk met die motorfiets daarheen ry en net so paar glasies met onbekendes gaan deel, ek gaan uitsaai, en ek daan verseker tyd maak om so paar movies te kyk. Dan is daar die Britse Grand Prix, die gaan Ampie nie mis nie, die donkie staan reg om die opwekkerkie te draai sodat Ampie sy se televisitjie kan aan sit en die GP kyk, as die oompies natuurlik gaan uitsaai.

Ampie kyk terug op die week se nuusgebeure en wonder by homself, is oom Bobjaan nie regtig siek in sy kop nie, hy is nou weer die nuwe president van Zimbobwe, maar Ampie dink dis moerse omstrede, waar is die vryheid en regverdigheid van verkiesings, of kom Afrika nou onder despotiese verval? Ampie sien ook die Namibiese weermag het 'n nuwe wapen, gegeurde gekamoefleerde kondome, heheheheh daar is soveel vigs hulle moet dit nou as wapen inspan. En in my eie land lyk dinge nie altyd so rooskleurig nie, al wil ek bitter graag positief bly oor die land en sy mense, dit is immers my geboorteland. Maar geweld vier hoogty, die petrolprys is op, kostes raak buitensporig hoog en die inkomstes styg nie noemenswaardig nie. Inflasie vreet nou ook aan my kapitaal, soos Lukas sing in Ek sou kon doen met 'n miljoen. Een positiewe ding sien Ampie op die musiekfront, ons hier by die radio kry nou elke dag nuwe musiek van nuwe kunstenaars, hetsy dit die kunstenaars self is of een van sy fens, die musiek kom aan en ons sal dit bemark.

Met die tegnologie is Ampie steeds agter die klip, en die dinge bly maar agterweë waar dit kom met die webtuistes wat gebou moet word. Daar is soveel nuwe dinge wat getoets moet word en implimenteerd moet raak,maar aai die koppie is maar kaal van al die dink. Ek voel soms soos 'n oopgesnyde vy.  Maar ons byt vas en ek sien daar is lig aan die einde van die tonnel....... weet net nie of dit al die man van die bank is wat my laaste sente soek nie, sou self kon doen met 'n miljoen of twee.

 

What did you think of this article?




Trackbacks
  • No trackbacks exist for this entry.
Comments

Leave a comment

Submitted comments will be subject to moderation before being displayed.

 Enter the above security code (required)

 Name

 Email (will not be published)

 Website

Your comment is 0 characters limited to 3000 characters.