Verskering en Assuransies
Ampie lees vandag se koerantjie weer so skuins langs en sien die omies by Momentum het besware oor wat hulle se polisse mag uitbetaal en wat nie. Nou kyk, Ampie het in sy dag des lewens nog altyd geglo 'n assuransie agent is 'n skelm, hy vat net jou geldjies en as jy hom nodig het, sien jy hom nooit weer nie. En Ampie het nie net een nie, maar baie mense al hoor kla oor dieselfde storie, hulle het hulle belegging aan die assuransie man gegee, en hy is vort daarmee, of hulle het elke maand so klein bedraggie afgeknyp uit hulle karige inkomstetjies, en by aftrede gesien daar is niks nie, die belegging is of nooit gedoen of daar is een of ander skeet aan die belegginkies. Nou dit kan Ampie se moer suur maak, ek hou nie van sulke stories nie. Ampie weet daar is 'n liggaam wat kwansuis al die klagtes ondersoek en so af en toe vergoeding aanbied, maar in die meeste gevalle verloor die mense alles. En as dit by ongeskiktheid kom, is die ouens altyd reg met 'n antwoord sodat hulle nie hoef uit te betaal nie, waarvoor het jy dan die assuransie as hy nie gaan betaal nie? En hulle favourite antwoord is dat jy nie besig was met die werk waarvoor die polis jou gedek het nie. En ek dag hy dek jou as jy altwee jou bene verloor of een of ander ongeskiktheid opdoen. Maar die vertel die agent jou nooit nie, nee o bliksem, hy sien net geld in jou hand en smeer jou ongeewenaarde heuning om die ore. En as hy by daai deur uitstap met jou geldjies................sien jy hom nie weer nie. Die ou het sy brein verloor, hy kan nie sy bene gebruik nie, want hy weet nie wat om hom aangaan nie, hy het sy hele kwaliteit van lewe verloor, selfs sy menswaardigheid, hy is 'n koolkop, het geen emosie nie, niks, zilch. Hy moet vir die res van sy lewe versorg word deur iemand anderste, en as die antie gaan werk, moet iemand by die huis bly om net na sy basiese behoeftes om te sien. En ek het nog nie iemand ontmoet wat dit verniet doen nie.
En die ergste van die hele verhaal van oom Momentum, hy is deur die oompies van FNB aanbeveel na hulle kliente toe, Ampie dink die hele klomp is kop in een mus(mis) en deel die finansieele voordeel wat daaruit geput word, of hulle verlekker hulle saam in die antie sonder geld se verhaal. En sy is nie die enigste nie. En as vergoeding, die antietjie kry so R60000 as welwillendheids gebaar van oom Momentum af, so regte hier hou jou bek geldjie. Moenie ons verder karring nie, wees bly jy het iets gekry. Dan sit Ampie liewerste sonder daardie geldjie, maar as jou polis nie duidelik omskryf het wat nie gedek is nie, betaal die geld en moenie hmm en haa nie. Ek sal jou hof toe vat as ek dink ek is reg, want jy kruip agter woorde en klousules weg en intussen verloor mense hulle eiendomme, kinders word gespot op skool, en baie ander sosiale en ekonomiese dinge gaan verkeerd en jy sit met 'n moontlike skrander leerling wat nie meer in skool belang stel nie. Sy gees is geblus deur die onverantwoordelike persone in hierdie samelewing. En dit raak jou ook, want op die einde van die dag raak hierdie persoon 'n las vir die staat en jy moet die staat se koffers vol geld hou, en so kring die bose kringloop al hoe wyer en wyer uit. En eintlik is dit so eenvoudig, betaal die beloofde geldjie uit, daardie mense kan moontlik aangaan met hulle lewens, miskien nie op dieselfde standaard as die waaraan hulle gewoond was nie, maar immers.

Comments