Skei die Kaf en die Koring in SA musiek

Musiek in Suid Afrika en dan in die besonder Afrikaanse musiek het 'n pad geloop, van die klanke van boeremusiek tot die gesnik van een of ander poppie waar sy haar hart uitstort oor een of ander lang verlore liefde. Onthou julle nog die Briele met hulle Trein na Pretoria? Ja die musiek het baie verander.

Musiek het altyd een of ander soetsappige tema gehad, en almal het van die tema gehou of dit met passie gehaat. Nou het die tema effe gewysig..... of het dit? en die mense sing oor alles van seks tot suip. En dan begin ek wonder waar is die opstanders van ons musiek, die mannne wat die musiek gemaak het wat dit vandag is, die manne soos Piet Botha, Anton,Johannes, Koos Dup, om maar net 'n paar bekende name te noem. Johannes het met sy lirieke impak op menige jong Suid Afrikaner gemaak, tot so 'n mate dat hy ikonies nageaap word deur almal. Ek luister na Paul Riekert, Piet Botha, en besef dat hulle selfs na al die jare in die musiek bedryf, nog steeds hulle styl behou het, nog steeds oorspronlike musiek skryf en nie aan die publiek gee wat hulle in elk geval nie wil hĂȘ nie. En dan kyk ek ook na die vroulike kunstenaars, wat in hierdie oorwegend manne mark sleg tweede kom, hoewel hulle deesdae makliker naam maak as vroeer, en sien girls soos Laurinda, Lize, Amanda, Anna, Nia Nell en ek verstaan, hulle probeer die outentiek van ons musiek bewaar en behou, dus kan ek hulle in dieselfde klas as Paul en Piet indeel. En ek wonder of ons nie dalk moet tyd inruim om dan nie meer alles te verdoefdoef nie, maar die oorspronklike musiek tot iets heeltemal nuuts te omskep, iets wat niemand nog voorheen gedoen het nie, waar niemand voorheen gewaag het nie. Immers is dit alreeds gedoen destyds toe ons kunstenaars in opstand gekom het teen die gewone en alternatief geskep het. En dit is die alternatiewe wat musiek na die hoogtes gestuur het waar hy vandag is. Is dit nie dalk tyd vir renaissance in die afrikaanse musiek marge nie? En spaar my dan ook die grillerige dele van sekere van die sogenaamde musieksterre, hier is van hulle wat werklik besonderse vermoeens het om jou ore te beproef, maar daar is ook die wat uitsonderlike stemme en produksie vermoee het, wat selfs die mees afgesaagde liedjie oplewing gee, wat maak dat jy ook hoop kry op die toekoms in musiek.Maar die tema, asseblief, beweeg weg van die liefde en sing oor die lewe, of oor jou oupa se plaas, of die land se waansin, maar los die liefde tot later. Maak iets nuuts van die musiek, skep 'n nuwe genre. Wees oorspronklik en begin die Renaissance.

 

What did you think of this article?




Trackbacks
  • No trackbacks exist for this post.
Comments

  • 10/14/2009 1:34 PM Gerald Sharp wrote:
    I liked this article, because it calls for a renaissance in South African music, where there is sometimes a vacuum where meaningful lyrics should resound. We need to sing more songs that point people in the right directions, lifting and even challenge the human spirit. And yes, I do agree, not just sing about boys and girls in the throws of infatuation, which often is often nothing more or less than idolatry, where men and woman exchange the worship of God for the worship of each other! Sorry, you lekker Afrikaners, but I was not going to attempt this in my tweede taal!
    Reply to this
  • 10/14/2009 2:24 PM Ampie wrote:
    Well written Gerald even if not in your tweede language and I have to agree, the idolists are not what love is all about, there is much more to love than just a song, renaissance in SA music should come from within, like the love for God comes from within, and no exchanges are needed for that.
    Reply to this
Leave a comment

Submitted comments are subject to moderation before being displayed.

 Enter the above security code (required)

 Name

 Email (will not be published)

 Website

Your comment is 0 characters limited to 3000 characters.