Die stygende lewenskoste
Kyk, laat Ampie nou sy case mooi state aan julle vandag, die lewe raak al hoe skraler. Ek kan dit ook aan my middel begin voel. Ampie eet al vir lank nie meer brood nie, dit gaan dut op plekkies en doen slegte dinge vir my digestie (ek is bly ek is nie Oompie Steve nie, sy digestie word sommer uitgesny), maar ek koop al lankal sulke ronde plat ongesuurde broode, Italiaans van oorsprong en baie gesond, en ek kan so baie met dit maak. Vandag is weer koopdag, en sowaar, die brode is 'n hele dollar duurder, is die mense dan nou heel besimpeld. Dan dink ek, die petrol pryse het met meer as 'n dollar per gallon opgegaan die afgelope paar maande en dus sal alles saam met die petrolpryse opgaan. En ek roer my beswaardheid aan met my maat Gerhard en hy reken toe mos mooitjies dat ons is eintlik oor die verkeerde goete bekommerd is, ons stres nog die hele tyd oor Global warming, eintlik ons moes gestres het oor die olie tekorte. En daar sien Ampie die lig, dis oor die olie dat daar Global warming is, want almal ry met mouterkarre wat petrol gebruik en die petrolgasse maak die gat in die osoonlaag, en die een ding lei tot 'n volgende. En die gat veroorsaak ellelange ellendes met die weer, en die ellendes veroorsaak weer druk op die ekonomie, wat op sy beurt weer 'n las op die belastingbetaler sit, en jy moet maar weer betaal, dis die wet van Transvaal.
Maar dis nie net daar waar die skoen begin druk nie, elektrisiteit het duurder geword, water, gas, vullis verwydering, ja selfs Oompie Steve se siekte het duurder geword, want ewe skielik het die Oompie bietjie van die en baie van daai nodig om net te kan leef, wat nog te sĂȘ oorleef, en solank die Oompie nie werk nie, maak hy nie geld nie. Hy gee net uit. Ampie dink hy moet maar vinnig gesond word sodat hy vir al sy maatjies weer kan sing. Maar Ampie is ok bly die Oompie het oorleef, dit was so amper soos 'n virgin met 'n blou kol op. Miskien sal Oompie Steve nou die dok gaan sien as iets nie lekker is nie. Maar selfs Ampie is sku vir die dok, die ou vra net baie geld om na jou te kyk en jou weer te laat terugkom sodat hy weer na jou kan kyk, en met al die gekykery word jy nie gesond nie, jy moet jou maar self gesond dokter. En die kos ook nog meer geld, want die dokter se pilletjies is nie verniet nie, en jou eie pilletjies ook nie. Dit bly maar 'n bose kringloop. En die geldjies raak al hoe minder werd, die verhogings wat die mense kry, word ook minder. Baie jare terug was 10% nie te sleg nie, hier is 2% billik vir sekere mense, hulle verwag eintlik minder, maar die stygende lewenskoste is met meer as 24% op in een jaar. Nou Ampie is nie 'n ekonoom nie, maar 2+2=4, en die sommetjie wat ek hier maak, klop nie so lekker nie. Ampie se inkomstetjie het gekwyn die jaar, die rente koerse hou my nou in die algemeen effe kaal, selfs die aandele markte toon afnames en die rand raak al hoe swakker. Laas jaar kon ek nuwe goed probeer, hierdie jaar sal ek maar die ou goete weer beproef. En eintlik is niks nuut nie, net meer ingewikkeld, en met my vier vingers begin ek ook al hoe meer sukkel om by te hou.
Ampie wonder regtig hoe die maats in Suid Afrika oorleef, julle kan gerus aan my skryf by webmeester@radiosuidafrika.com en vir my vertel wat julle alles doen om te kan oorleef, jy hoef nie vir my te vertel hoeveel jy verdien nie, maar ek sal hou van jou idees waar jy kan spaar op jou daaglikse behoeftes en so aan. Ek sal dit selfs publish hier, jy kan jou eie naam gebruik, of sou jy dit verkies, 'n skuilnaam, maar ek sal steeds wil weet wie jy regtig is, maar ek sal ook nie uitpraat nie.

Comments