Kletskamers

Kyk, ek het nog nooit regtig van kletskamers gehou nie, dit raak te persoonlik en laat jou oop vir booswigte wat net ander idees as lekker vriendskap wil kry. Dus was ek nog altyd skepties oor die idee, dieselfde mat Facebook, Myspace en al daai ander. Persoonlike dinge word openbaar aan die wereld en iemand kan dit eendag teen jou gebruik.

Ek wens regtig mense wil nie so persoonlik wees nie. En tog, is daar nie dalk die virtuele illusie van veiligheid en geborgenheid in die kuberwereld nie? Ek reken maar net dat elkeen dalk anders sou voel oor die sakie, maar dat elkeen ook anders sou reageer.

En dan ontmoet ek mense op Steve se Spoegblog. Heel eerste, die ou grote skroom nie om met die kanonne onder sy teenstanders in te vaar nie, maar maak hy hom nie self dan juis die teiken van sy eie toorn deur die optrede nie? Nietemin hy kan maak wat hy wil op die blog, en openbaar sy hele lewe aan sy ondersteuners en vyande tegelyk. Maar op die blog is 'n paar interessante mense, en moenie dink jy gaan hulle intelligensie onderskat nie, hulle is so skerp soos minora blades pas uit die pakkie. Dan is daar die kletskamer, elke dag is daar iets anders om oor te lag, nuwe manewales om te lees, elkeen daar maak sy eie storie en verhaal. Die nadeel van die kletskamer, produktiwiteit neem af, mense wat moet werk, kuier so lekker in die kamer, hulle vergeet om te werk, hulle klets saam tot net voor tjailatyd. Selfs mense soos ek wat gelukkig genoeg is om nog te leer, moet myself dwing om die boeke nader te trek, want as ek eers begin kuier, is dit werklik moeilik om jouself daar weg te skeur. Dus, ek dink kletskamers is verslawend, miskien omdat hulle so opwindend, interessant, lewendig en vol karakters is. Maar juis daar stel jy jouself bloot aan die lewe en kan jy seergemaak word deur kwetsende woorde, dade of mense. Jou hele lewe is eensklaps nie meer privaat nie. Dis nie asof jy dit uitbasuin nie, jou waaksaamheid op jou eie verdegingsmeganisme word verslap, want jy sien dan wat ander oor hulleself te vertelle het en klim saam in en vertel jou lewe ook. Miskien moet ons daarteen waak, moet nie jouself so blootstel in kletskamers nie, jou vyande is die heeltyd opsoek na vars ammunisie om jou mee te slaan. En waar is daar 'n beter plek as in die kletrskamer om sulke ammo te kry. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek se nie jy mag nie daardie kamers besoek nie, ek dink net elkeen behoort hom of haarself goeie beskerming te bied teen die aanslae van ape wat daarop uit is om mense, hetsy bekend of onbekend, te vernietig.

Kyk, selfs joernalistiek is nie meer wat dit was nie, Rapport, nog altyd na  my mening 'n vooraanstaande medium tot joernalistiek, het gedaal tot die vlak van arrogante beriggewing, dikwels tot op die punt van foutiewe feitelike weergawe van nuusgebeure, en saam met dit die morele standaard wat aan joernalistiek gekoppel is, verwaarloos. Ek dink dit het dalk tyd geword om of daardie media te verwerp, en nuwe bronne te soek, of hulle aan te vat en te dwing tot korrekte optrede, eties aanvaarbaar vir almal. Joernalistiek behoort na my mening die goeie in almal na vore te bring, nie jou die harnas in te jaag nie. Nie die volk op te sweep tot verbittering en konflik nie, maar te streef na vrede vir die mooi land van ons. En ek erken ruiterlik, Rapport is nie die enigste medium wat tot orde geroep moet word nie, daar is baie oorsese publikasies wat erger aangaan. Soms wonder ek of die SA publikasies nie die oorsese trend navolg nie. Is dit nie dalk een van die redes hoekom meer en meer mense in kletskamers gaan kuier nie?

 

What did you think of this article?




Trackbacks
  • No trackbacks exist for this post.
Comments
  • No comments exist for this post.
Leave a comment

Submitted comments are subject to moderation before being displayed.

 Enter the above security code (required)

 Name

 Email (will not be published)

 Website

Your comment is 0 characters limited to 3000 characters.