2007 Na 2008 toe
' n Voorspoedige nuwe jaar aan al ons luisteraars en besoekers. Elkeen het sy eie vooropgestelde idee van hoe 2008 nou eintlik moet lyk. Te oordeel aan 2007, kan dit net beter gaan, of is ons al so vuisvoos dat ons nie eintlik meer wil worry nie. Nietemin, beter sal dit gaan, hierdie 2008 sal al die positiewe karmas, fengshuis, budhas, net wat jy wil, ingespan word om alles 'n beter jaar te maak vir almal. Skryf julle doelwitte neer, nie net een nie, maar genoeg realistiese doelwitte, en sit dit op waar jy dit gereeld kan sien, en doen alles in jou vermoeƫ om die doelwitte te bereik. As jy op 31 Desember alles bereik het, was jou jaar suksesvol, indien nie, was jou doelwitte nie realisties genoeg om te behaal nie. As jy dit reeds op 31 Oktober behaal het, het jy jou waarde te laag geskat, en moet jy jouself review. En gaan gereeld elke week jou doelwitte na en kyk hoe ver jy van hulle is, indien jy in pas is, great, indien nie, review.
Maar die grootste van alles is dat jy alles wat jy aanpak moet geniet en met oorgawe moet doen. Moenie vir een oomblik huiwer om jouself te geniet nie, die lewe is te kort daarvoor. Elkeen van ons is op ons eie manier spesiaal en moet sy of haar talente ondersoek en gebruik. Gee naasteliefde en ook ondersteuning aan die wat dit nodig het. Wees lief vir jou lewensmaat, en as jy single is, vir jou beste vriend/in, maar moenie sy of haar se stront opvreet as hulle vol stront is nie, hel man jy gaan jou jaar geniet en het nie tyd vir sulke stront nie. Lees elke dag Steve se spoegblok en spoeg saam, leer die positiewe dinge en bou voort daarop. En as die negatiewe goete bietjie druk, so what, elkeen moet sy of haar lessies leer en verwerk. As jy nie kan nie, moet jy maar raad vra by iemand wat weet, net nie by my nie, want ek weet niks. Ek was nie by nie en dit was nie my skuld nie. Ek het nou net eers hier aangekom.
As jy iets oor Suid Afrika te vertelle het, maak gerus so, hier is baie plek vir jou storie, as jy meer van ons pragtige land wil weet, vra en ek sal jou vertel, selfs persoonlik antwoord en as jy jou eie persoonlike ondervindinge wil deel, maak so, ek sal dit publish. As jy 'n mooi gedig het,stuur dit aan, RadioSuidAfrika copyright alles, dus jou skepping is veilig. Ons vriend van Vlaandere het sy eie siening van 2008 gestuur en dit is wat die blad so spesiaal maak, julle aktiewe deelname, want ek dink dis presiese idees van hoe jy 2008 moet sien. Sit in jou stoel en vind rus en vrede vir jou gemoed. Moet laat niks jou vrede kom steur nie, sluit jou af en ontspan die boude. Jy het dit verdien.

Comments