Anne-Vonne Mong

Vanoggend is Anne-Vonne gebore, 8:15 in Suid Afrika. Wat wag op die pragtige mensekind in die nuwe SA? Ek kan net hoop en vertrou dat ons Hemelse Vader sy hand van beskerming oor haar sal hou en haar deur die lewe sal dra. sy is nie die enigste nuwe gebeurtenis in my lewe nie, ons het nou 'n Kunsredaktrise ook, Rene Schutte van Bloemfontein. En dan is daar nog Wynand se Country program saterdagaande, en jis, die dinge roer hier by ons. Ons het amptelik adverteerders gekry, en hulle advertensies sal voltyds in Januarie begin hardloop. Al die dinge maak dit wat ons doen die moeite werd. Ek het nog 'n paar nuwe programme in die oog en sal julle op hoogte hou van dit. Ons gaan 24 uur lewendig raak en dit is iets om na uit te sien.
So is al die nuwe dinge ook lekker en tog ook hartseer, as jy in jou nuusblaaie lees hoe 'n ou tannie se vingers met 'n snoeiskêr afgesny word, hoe min werd mense lewens nou geword het in Suid Afrika. Ek wil nog steeds probeer om 'n positiewe boodskap oor te dra, maar dis soms baie moeilik. Ek kry seer vir daardie onskuldige mense se part. James Munro het die regte idee met sy Expose - It TV, maak seker almal weet wat aangaan en probeer op daardie manier 'n positiewe verandering bewerkstellig.
Oom Steve was opgeluit in die tronk om fondse in te samel, Dankie vir jou opofferinge vir die land se kinders Steve, vir die voorbeeld wat jy aan jou volk stel. Jy sal egter baie mooi in jou spoor moet trap, jy is 'n kandidaat vir die volgende presidensiële verkiesing. Dit sal darem pret wees as jy sou besluit om die stap te volg en jou volk weer na normaliteit kan lei. RadioSuidAfrika is besig met die stigting van 'n fonds vir kinders. Julle sal nou sê ja maar daar is reeds so baie fondsinsamelings ensomeer, nee daar is nie genoeg fondse vir Suid Afrikaanse kinders nie. Alles gaan na die swart lande noord van die Limpopo en alhoewel ek saam stem dat daar wel armoede ensomeer heers, is dit die resultaat van hul eie regerings se onvermoë en in die proses is daar talle Suid Afrikaanse kinders wat absoluut met niks tevrede moet wees en voortgaan.
Hehehehe, kry Ampie lekker toe daai demoon Maas sy kaas sien. Kyk, ek geniet nooit 'n ander ou se ongeluk nie, maar die blikslaer het dit verseker op homself gehaal, en sommer die hele volk ook die harnas ingejae, nie net vir oom Steve en Ampie nie. Maar nou is daar 'n ander koekie wat skryf en ons kritiseer as verkrampe en despoties. Koekie, laat Ampie jou vertelle, jy sit die koekblik mis, apartheid is totaal omgekeerd in Suid Afrika, en nie ek of jy sal dit kan verander nie. In die grootste gedeelte van Suid Afrika is die mense bereid om saam te werk en 'n oplossing van verdraagsaamheid en vrede te bewerkstellig, maar moenie 'n Suid Adrikaner se kerk en politiek beledig nie. Elkeen is geregtig op sy eie opinie van die sake in ons mooi land, maar jy mag nie jou opinie op ander afdwing nie.
Ja Christie, die swaard is magtig, maar woorde op papier is magtiger en kan nie omgekeer word nie. Ek dink jy behoort nugter te gaan andink oor dit wat jy kwyt geraak het en dan apologie aan te teken vir jou kwetsinge, en die wysheid van jou weë in heroënskou neem. Jy is gegradueerd en word as slim beskou, moenie dit op mors met dwase skrywes nie.
Oompie Thabo kry swaar in die aanloop tot die verkiesing. Ampie wonder egter of oom Stortkop sy eie hofgeding gaan onderdruk en die baie belangrike dokumente gaan laat weg raak as hy die verkiesing sou wen. Ek sien hy probeer hard na die Afrikanervolk te vry, maar ek dink nie hy gaan juis baie ondersteuning van hulle af kry nie. Sy koppie is te vol muisneste en hy spoel hulle net af in die stort.
Ampie moet nou eers weer sy ry kry.

NB, jinne maar sy is te pragtig vir woorde!
Reply to this