Oom Thabo

En daar kry oom Thabo ook iets reg. Ampie lees oom Thabo seg dat die Springbokke moet vergeet van die politiek en konsentreer op die rugby sodat hulle vir ons die wereldbeker kan bring. Mooi so oompie, Ampie sal vir die een keer sy bierpot ook met oompie deel. Maar verder maak die ouens maar droog. Kyk nou weer vir Tswane, Ampie lees dat hulle slegs swart sal koop, dit gaan nie lank hou nie, swart is nie altyd goedkoop of beter nie, Ampie kry net die ouens wat so lank aan hulle besighede gebou het jammer, want die fonteintjie is nou vir eers toe. Byt net vas, as jy die monopolie het, moet iemand daardie produk koop, en jy baat weereens daarby. Maar dis jammer dat die groot rassisme waarvoor die Afrikaners uitgejou is net so omgekeer word, veral na die opmerking van een van die eerste burgers tydens die onlangse optog voor die hof in Snor City. En so van pas dat die wet nou dadelik afgedwing moet word om in pas met die regstellende aksie te kom. Om van die regstellende vervolging nie eens te praat nie.


Oompie Steve, Ampie wil oompie bedank vir die baklei wat oompie vir onse nasie doen. Kyk, oompie se spoegkassie gons behoorlik na die stappie na die hof in Snor City. Maar dis 'n saak van geregtigheid, oompie moet net keer dat hulle nie Oom Paul ook omtrek nie, en wat van die monument op die koppie, jissie oompie, onse oupas en oumas het bloedgesweet vir geregtigheid, en die arrogante eersteburgher dreig nou om ons koppie ook te laat tuimel. Afriforum is nog jonk, maar met Solidariteit en Steve agter hulle, hier kom De La Rey. Dankie oompie Steve, Ampie se donkie staan klaar reg vir die saam. Ons gaan kakies jaag. Of is dit aanjaag.


Ampie se liefde vir ons kultuurerfenis ..... boeremusiek...... en een navraag van 'n luisteraar, bring my toe mos mooi in die spoed van tragiek in. Die Boeremusiekgilde se staatmaker oom Abie Koch, het die tye verwissel, en groener weivelde gaan soek. Oom Abie, ons sal die baanbrekerswerk wat jy neergele het vat en verder daarop voortbou vir onse nageslag. Rus in vrede en sterkte aan tannie Marita, ons dink aan tannie. Ampie se donkie sal daarlanges verby loop en kom kyk of alles reg is.

En nog is het einde niet.  Ampie het baie vriende verloor die week,  daar is die pragtige oom Danie Malan..... die ene van die opvou karavaan... wat ook die stryd verloor het. Oom Danie sal onthou word vir die spesiale mens wat hy altyd was, en ook aan Mieke, baie sterkte, Ampie sal daar ook kom kyk of alles nog regloop. En Jaco, ja Jaco al het ek jou nooit ontmoet nie, jy was een van my gereelde luisteraars en skrywers, en jy sal nou vrede kry waar jy is, sterkte aan Fransien en Koos. Julle het julle seun verloor, maar Ampie en sy donkie bygekry.

Dis met 'n vol gemoed wat Ampie die blokkie skryf, maar ons is ook maar net almal mense wat iewers 'n plekkie onder die son wil kry. Ek kyk na baie dinge in die wereld, ek lees baie nuusblaaie en luister na baie musiek en mense. Ons erken dit gaan swaar in SA, crime is deel van ons daaglikse bestaan en ons raak gehard daarteen, moord en doodslag, verkragtings en slegte nuus affekteer ons nie meer soos in die verlede nie. Maar ons positiewe gemoed moet elke dag herlaai word om die nuwe dag se aanslae die hoof te kan bied. Elkeen doen sy of haar recharge op sy eie manier, Ampie s'n kom uit goeie nuus. Ampie se een maatjie verwag 'n drieling, jissie die donkie se dakrak sal moet groter gemaak word om al die geskenkies vir die drie saam te neem. En ouma word skielik oumagrooitjie en daar is nou skielik oupas en oumas, en die muis word 'n hele nes muise. Nee wat, julle is OK, julle maak my week en baie geluk aan julle mensies. Bou nou so 'n nasie, 3 op 'n slag.


Ampie wil nou eers die donkie gaan kos gee. Mag elkeen die week vreugde en vrede proe.



 

What did you think of this article?




Trackbacks
  • No trackbacks exist for this post.
Comments
  • No comments exist for this post.
Leave a comment

Submitted comments are subject to moderation before being displayed.

 Enter the above security code (required)

 Name

 Email (will not be published)

 Website

Your comment is 0 characters limited to 3000 characters.