Skaaptjops en Ceres vrugtesap
Sit ek vanaand na ons Suid Afrikaanse vakansie fotos en kyk. Daar is ene waar ons die heerlikste tjoppies en worse braai met die heerlikste bygeregte wat jy jouself kan voorstel. Toe raak Ampie opsluit opstandig en vergeet baldadig van sy dieet en maer word prosedures, nee daar moet nou dadelik gebraai word, geen bokkos vir my vanaand nie. En ek maak toe so, 2 lekker groot boud tjoppies met vars geplukte mielies (suikersoet soos net hier verkry kan word) en aartappels wat Meraai so in 'n sousie bou, en dan word dit op die koletjies gebraai, man watertand lekker. Maar Ampie het nie kole nie ( die mense weet nie van dit nie, dis net charcoal of gas) en ek trek toe maar die gas nader. Die is soos 'n ou vrou, moet eers goed warm gemaak word voor jy jou worsie kan braai, en daar trek ons toe. Het gister in die winkel rondgeloop op soek na 'n lekker sap, want die ou verdomp kom sit maar ook oral waar dit seer kan maak. En daar kry ek regte egte Ceres op die rak, man ek koop toe dadelik so 'n paar bokse van die se sap, want as ander dit agterkom, is dit weg. En met die sap en die vleisie was ek weer terug in SA. Te lekker, man die tjoppies smaak toe sommer vorentoe, ma bederf my toe nog ook met 'n lekker knoffel en kaas broodjie en ek eet soos laas in SA. Vergeet van die vetrolletjie vannag, sal more 2 keer saffer. Ek het te lekker geeet. Dankie Ceres vir julle bydrae, dit was werklik die lekkerste papaja sappie wat ek gedrink het, en dankie dat ek dit ook hier in INDY in 'n winkeltjie kan raakloop. ISO sertifisering maak die goete moontlik en die manne hier is maar bra taai om SA produkte te stok. Ek kon darem al regte egte rooibos tee, 'n klein bietjie Pinotage, Shiraz en Chardonnay, so af en toe 'n Chenin Blanc, een keer Weetbix, maggi se sweetchili sousie, Aero hier raakloop. Nodeloos om te vertel, elke slag was ons opgewonde soos 'n jong meisie op haar eerste date. En dan sien jy dit later nie weer nie, nie eens met 'n houtoog nie, en navrae help ook nie die ouens praat net HUH!!!! Selfs geregistreerde postukke verdwyn en die mense HUH jou net as jy navraag doen.
Dis sulke sukkel wat maak dat jy begin wonder of Mammon werklik sy goud werd is, is sonskyn Afrika nie maar tog beter met al sy akkies nie. Of is ek net bederf aan die bekende, die onthou en die lekkerte van Suid Afrika? Kyk ek weet ek dra net die positiewe boodskap oor, maar ek mis my vriende en die bekende. Ek kyk na waar ek en Wynand saam hand om die skouer pose vir 'n foto, die lekker vleisbraaie wat ek en my vriende saam gedoen het, die lekker kuiers om die vuur, die lekker kwinkslae wat uitkom, die poetse wat ons mekaar bak. Ek mis die Kaapse see, die vaar op die Baltic Sun, die rampaarties, die skeepskoffie, Raymond se helder lag, sy bulderende stem as hy die seile laat bult in die wind. Ek mis die leef, die menswees, die lekker wees. Ek mis Daniel se rustige stem, Hannes se klomp twakpraatjies, sy totale ongeloof toe ek hom vertel ons vat die pad na die buiteland. Ek hoor hy het selfs na ons gevlieg het steeds by my huis gaan draai om te kyk of ons wragtag weg is. Is dit alles die moeite en geld werd vra ek myself af? Vir my is Meraai die belangrikste, en sy mis ook haar mense en die bekende, maar sjoe die trek hierheen was verdomp duur, en ons moet vasbyt om selfs net 'n gedeelte van ons kostes te kan verhaal.
Daar is darem die positiewe ook. Ons reel mos so effense piekniek vir die klomp hier, ek braai nou wel weense worsies en burgers, gooi so paar mielietjies op die koletjies, en daar is een moerse sukses, die klomp het nog nooit so lekker piekniek gehou nie, daar was 57 mense, sommige het redelik ver gery om die piekniek te kon bywoon, en ongeveer amper almal is dit eens, ons moet dit weer doen. Die koue kom nou vinnig nader en dan is sulke kuier aande ook daarmee heen. Dan sal ek en Meraai maar weer voor die kaggeltjie met Pinotage gesels en allerhande lekker idees en disse optower. En kom die somer, maar weer met die rolletjies sukkel. Ja swaer, die lewe is maar ook 'n bose kringloop. Maar dit bly lekker, veral as daai Pinotage 'n bekende enetjie is, man ek loop soek sommer more weer na ene net vir die lekkerte daarvan. En dan kyk ek maar weer die lewe rooi in die oog en sien net die lekkerte daarin raak, raak uitbundig, hardloop soos 'n jongseun kaalvoet in die reen en geniet alles wat na my toe kom, ons lewe tog net die een keer en ek gaan verseker die meeste daarvan maak, die tyd is te min om oor ander mense se akkies te sit en tob.

I can see that you are an expert in this field! I am launching a website soon, and this information is very useful for me. Thanks for all your help and wishing you all the success in your business.
Reply to this
a well focused post, appreciate your thoughts.
Reply to this