Webwerwe
Sit hier vandag en werk aan 'n nuwe projek. Sou so min as 'n jaar terug nooit ooit eens daaraan gedink het om so iets aan te pak nie, wat nog van self te doen. Ek praat van webwerwe, meer presies, om self een te bou. Ek verstaan een ding verseker, daai ouens wat $500 vra om 5 bladsye te bou, is baie cheap, nes Checkers. En daar is een om elke hoek en draai. My liewe bliksem, met apologie aan Steve, dit is een van die moeilikste goed om te doen, en nie twee van die werwe is eenders nie, net soos jy dink jy het die een tegnologiese gestremdheid onder die knie, is daar 2 nuwe gestremdhede wat jou aandag verg. En het einde is dit niet. Om nie eens van al die geld te praat wat in die nuwe wonder werwe ingaan nie. Eers is dit jou skoolgeld, dan betaal jy vir jou hulpmiddels in die skool, dan betaal jy vir ditjies en datjies, en dan kak en betaal jy vir die res van die werf se lewe, want om so 'n werf te loods en onderhou, is glad geen kinderspeletjies nie, al is dit jou eierse baba.
En moenie dink dat dit net daar ophou nie, daar is alewig een of ander nuwe wonder hulpmiddel op die mark wat moet getoets raak en by die werf moet kan inskakel. Ons is immers in die nuwe wereld waar tegnologie allesoorheersend is, met die Babyboomers wat agter raak, en generasie X wat met 2 vinnige vingers op die wonder op hoogte bly van wat om hulle in die wereld aangaan, en as jy hulle daarop wys die wonder is onderstebo...... DUH! Sorrie jongmense, maar die Babyboomer kan nie meer by bly nie, julle raak te vinnig vir my se kop. Soos Steve tereg opmerk, selfs die lyf wil nie meer die danspassies van vroeer uitvoer nie. Ek weet hoe jy voel Steve, en my simppatie met jou en baie ander soos jy, ek probeer nie eens meer by bly nie, ek val maar suutjies agter in die ry en doen maar my eie ding op my eie manier, en te hel met die jonges, hulle gaan my nie intimideer om by hulle te bly nie..... of so het ek gedink. Kom hier 'n 18jarige met Ipod probleme by my aan, oom, kan oom nie help nie, ek weet nie hoe om die musiek op te laai en oor te dra nie. Eerste keer wat ek na die nuwe wonder kyk, vat hom in die hand en bevoel hom soos 'n mooi nippel, druk bietjie hier en bietjie daar, draai hom so slaggie rond en dag by my selwers, ou bul moet nou nie jou naam tollie maak nie. Geen probleem nie seun, oompie het 4 rekenaars wat verseker iets aan jou sakie sal kan doen. En die programme om dit mee te doen, hel die is reeds in plek, nog net nooit gebruik nie. Bring die hele spulletjie nader dat ons dit gou gou kan fieks. amper 6 ure later is ek klaar, alles op my boeremanier gedoen, die musiek op die Ipod gekry en my naam hoog gehou, jis dankie oom, maar ons kon maar net so gemaak het, dan sou dit ook gewerk het. Jou klein bliksem, nou seg jy my. Maar ek het my taak voltooi en beplan om maar nou vir my ook een van die nuwe tegno wonders aan te skaf. Die klank gehalte is puik en ek het sommer allerhande oulike stukkies musiek te alle tye byderhand. Begin navorsing doen en raai wat, Ipod is die mees gesteelde ding in die wereld. En net daar begin die tegnologie weer van vooraf, want nou moet jy 'n program kry wat die gesteelde Ipod kan opspoor en na sy regmatige baas toe kan stuur, sowaar as wat padda manel dra, daar is een redelike goedkoop programmetjie en dis waar die knoop is, jy het 'n hele paar nuwe monsters nodig om die joppie mee te doen, dis die dure ene, en dan moet jy nog leer hoe hulle werk ook.
Is daar nie makliker dinge in die lewe om te doen nie? Moet die mens alewig die lewe so moeilik as moontlik ervaar om by die nuwe wereldse wonders te kan bly? Is daar nie dalk iewers 'n jongetjie wat simpatie met die oompie het en dalk wil kom handjie bysit nie, teen vergoeding natuurlik. Ek praat nou van alle tegno wonders, soos webwerwe, Ipods, speletjies bou, idees vat en omskep in die nuwe taal wat ek nog baie sukkel om te praat, wat nog van verstaan. Jou kompensasie, die genoegdoening om iemand te help met sy gestremdhede, maar die kans van 'n vennootskap wat dalk net ook vir jou 'n Shuttleworth in die sak kan bring. Dit is tog immers ons almal se drome en strewe, jislaaik ek sou kon doen met 'n miljoen.

Comments