Die nuwe 7 wonders van die wereld
Dus kan elkeen nou besluit oor wie en wat hy /sy voel is die 7 nuwe wereld wonders. Deon Die Bliksem in stem toe maar op sy eie vir 7 nuwe SA wonders - Beeld 16/07. Maar die aap doen dit steeds op 'n negatiewe manier. Plaas dat hy ook probeer om meer positief tot SA by te dra. Nee wat man Deon, stop jou bollie en doen iets meer positief vir jou land en sy mense, of gaan word 'n sirkusdier. Jy blameer altyd alles op almal behalwe jouself, en eintlik is jy net 'n onvolwasse seuntjie wat alles in sy vermoeƫ doen om ongrondwetlik op te tree. Suid Afrika het baie meer as 7 wonders, en ek daag elkeen uit om iets wat hy/sy as 'n wonder beskou op my blog te plaas. Ek is nie bang om dit te publiseer nie. Maar Deon Maas moet aangevat word. Hy lyk soos 'n kat met 'n piering room, maar eintlik sit hy net en dink nog meer %#@#$% uit en dit krap my om. Skryf liewer iets wat sin maak en moenie almal se leesvermoeƫ onderskat nie. Met RadioSuidAfrika.com is ek baie betrokke met afrikaanse kunstenaars en ek dink eerlikwaar ons kunstenaars vergelyk uitstekend met die van die res van die wereld. En hulle doen meer moeite om hulle shows professioneel te maak as baie van die oorsese kunstenaars. Die liedjies wat ons mense skryf is eie aan ons taal en kultuur, en Gert Vlok Nel het toevallig 'n baie goeie treffer geskryf, as dit nie was nie, hoekom sing so baie ander kunstenaars sy liedjie? Ek kan oor die onderwerp aangaan tot vervelens toe, maar my hart is in Afrikaans en sy musiek. En ek gaan nie sit en toekyk dat 'n aap ons musiek afkraak nie, nie hierdie jaar nie. Deon Maas, kom verander bietjie aan jou attitude en help liewer om SA beeld positief uit te stuur.

Comments