Ampie Gorrel
Radio Suid Afrika
RadioSuidAfrika.com se blog

Abel Kraamsaal en die Afstand tussen tyd

Kry Ampie weer so lekker pakkie van Lydia in Suid Afrika met Abel se nuwe cd  Die Afstand tussen tyd in. Nou kyk, die saak staan nou so, Abel is mos nou al lank tyd een van my gunstelinge op die mark; hy het so ietsie anderste in die stem en manier van sing, hy is vars na n paar jaar steeds en hou aan om ons te verras met iets nuuts en anderste, totaal weg van die standaard Abel norm. Ek luister en luister en bly verras word, die een klink so en die ander klink so.... iets van Jazz tot Rock.... nie die gewone nie. Klaar geluister en ek druk die speelknoppie weer, nou luister ek na die produksie en die gehalte van die samestelling. En ek kry nie genoeg nie. Ek druk weer die speel knop en daar trek ons weg... die keer op die huis se eie ingeboude sisteempie. En die klanke vloei deur die huis raserig en hard en duidelik. Hier kan ek elke detail hoor, beslis maak ek nou seker ek mis niks nie. Vandag speel Afstand tussen tyd op die joekboksie en die menings stroom in, almal positief, een luisteraar van die Kaap se dit is die varste verandering in musiek wat hy in 'n lang tyd gehoor het. Ampie moet nogals saamstem.  Ek waag nog een van Abel se liedjies op die joekboksie so rukkie later en weereens vra die mense na nog.  Wel Abel..... ek verkoop nie cd's nie my vriend, maar jy is getref en jy sal moet verbeter op dit wat jy gegee het. Ek dink persoonlik jy gaan sukkel om jouself hier te oortref. Dankie vir die goeie produk wat jy release het. Die variasie op dit is goed en jy breek weg van die norm. Die liedjie keuse is eersteklas en my totale punt aan jou sal wees 8 uit 10, as ek punte moes gee vir die joppie, well done. Lekker luister mense en die cd kan bestel word by Lydia Winchester of deur my te kontak op Radio Suid Afrika. Ek sal julle die info gee waar om te gaan soek. Lekker Radio Groete aan almal

Ampie en die joekboksie

Kyk laat Ampie julle die ding nou so vertel, as hier 'n nuwe musiekie hier by my uitkom, is ek klaar so orig soos 'n stout seuntjie met rooi koeldrank en jellie tots en kan ek nie wag om daardie musiekie op die joekboksie te laai nie. Maar Ampie luister eers na die musiekie op sy eie, soos die jaloerse oompie wat met niemand wil deel nie, net hy en hyself tel in daardie oomblikkies. Nou het die vriendelike antie Lydia weereens die genot in myse oge en ore gegooi toe sy die pragtige cds aanstuur..... dankie antie ... << MORE >>

Backsberg pieknieks

... << MORE >>

Invictus

I want to say this, Invictus is to my knowledge one of the best movies I have seen in a long time. It really is worth the money to go and watch. The story is new and fresh, the storyline bold and daring. And the memories are great. For any South African this is a must see. Nelson Mandela is portrayed as the Father of the Rainbow Nation. Francois Pienaar really pulled it together and with the help of his team they made it to the top.

Critics will say the game ... << MORE >>

Musiek

Ek kry elke dag nuwe musiek om na te luister, some is die musiek werklik uitstekend, soms net gemiddeld, soms iets wat selfs nie die kat sou wou indra nie en dan kry jy daardie een cd om na te luister en jou lewe verander in ekstase, jy word weggevoer in die muse van storie, jy leef mee in die verhaal en die karakters spring een vir een voor jou geestesoog verby en jy kan nie genoeg van die musiek indrink nie.

Dit is wat ek ervaar het met Mel Botes se Flight ... << MORE >>

Moedertjie Rusland

Kyk, Ampie het so lekker sawwe week agter die lyf en het einde is dit nog niet. Nuwe planne word gesmee, nuwe vrienskappe gevorm en dit is die US ope met tennis. Nou kom Ampie in die aande en sit die twakkassie aan en bekyk bietjie die mooi meisies wat so tennis speel en word die verlange al hoe groter. Kyk hier is darem 'n paar briljante spelers op die baan gewees die week en van die beste gekeurdes is uitgeskakel sommer so tjoef tjaf, klaar kaf gedraf. Nou sit en kyk Ampie die dinge sooooo van die kant af ...<< MORE >>

Tjor koop in die VSA

Kyk, ek het al oor dit geskryf en gegorrel, maar ek raak so de blogsem in vir die verkopers hierso, hulle huil oor besigheid en bel jou tot in die nag om hulle karre aan jou te verkoop, en soms dieselfde maatskappy se verkoopsmense al 4 van hulle, en elkeen belowe jou die beter een van die kopie en dan probeer Ampie maar rustig bly en vertel hulle nee, ons wil nie kar koop nie, ons wil ons eie kar uit die lease koop, want die lease is verby en ek is nie lus om dit te hernieu nie, ek wil ons eie kar koop, want ek het die afgelope 3 jaar of wat met hom gery en hy is nog mooi, nuut genoeg om nog 4 jaar of wat sonder enige issues te hou en ek geniet my tjorrie erg baie, ek voel veilig in hom ( hy het immers die hoogste veiligheidsrating in die VSA gekry 4 jaar in 'n ry) en ek hoef nie my tjorrie aan te trek nie, ek kan net ingly en geniet. Miskien is die ou so bietjie aan die swaar kant op die sousies, maar glo my, dit is die enigste negatief teen hom, want al die ander ervarings met tjorrie is net positief, dus kanselleer dit daardie negatief oor en oor uit.

Ok, nou koop ons tjorrie, en ek se hulle nee ek wil nie lease nie, ok ..... en ewe skielik stel hulle nie meer belang nie. Sukke blogsems, een ou bel darem terug na sowat 3 weke om te se hy sal die voertuig teen een belaglike prys finansier en ek gorrel amper myself moertoe van kwaadgeit oor sy verwaandheid, ek is seker hy dink ek is onnosel. Ek soek bietjie rond vir finansiering, want selfs ek moet die rieme maar taamlik dun sny in die huidige ekonomiese wereld en elkeen belowe jou 'n ander deal maar niemand gee goeie syfers nie. Nee wat ek sien ons gaan maar nog 3 jaar k@k en betaal want dit is mos die wet van ............ ok, ok Transvaal is nie meer nie, maar die is die VSA, land of the free, waar niks free is nie. Na vele oorlegpleging met die regte mense is die groot dag daar, tjorrie word geteken en is nou offisieel ons eie, dankie tog. Nou wonder Ampie net hoekom dit so een reuse issue is om kar te koop hierso, want in SA is dit doodeenvoudig, jy sien wat jy wil koop, gaan na die handelaar toe, maak jou aanbod, die deal word gedoen en binne 24 uur is jou nuwe vuurwa gereed om afgelewer te word. Hierso is dit anderste... die arme verkoopsman kan nie eens vir homself dink nie, hy moet oorleg pleeg met vele ander voordat jy kan koop, hy begin deur jou te probeer intimideer oor jou geld... sy moer... dit is myne en ek val nie vir daai truuk nie..... dan probeer hy ander taktiek en uiteindelik dink jy by jouself dat dit nie te sleg klink nie, maar dan kom die skokke, hy wil nie met jou prys praat nie.... hy vra eers die oompie, dan daardie oompie, en elkeen se nee ons kan beter om jou te probeer haak, maar jy is mos nou ook nie onder die kalkoen uitgebroei nie, en bly kibbel tot die ou naderhand heel verlee staan en se nee hy kan nie beter nie. Dan trek jy die papier nader waarop die aanbod gemaak was nader en sy oge rek groot en hy hol...................... want wena is nie dom nie, en hulle praat mooi en sweet en pleit en ........... Ampie het sy tjorrie.

Die lewe en die wiel

Die lewe en tyd stap saam aan in die rondte soos 'n wiel. Konstant sonder ophou, en jy kan dit nie beheer nie, jy kan nie dit terugdraai en oordoen nie, al wens jy hoe hard daarvoor, wat verby is, is meedoenloos agter jou, dus aanvaar, leer om daarmee saam te leef en verander om dit nie weer te herhaal nie. maklik ne?

Nee, soms is daar woede, teleurstellings, haat, passie noem dit net wat jy wil, in jou en moet jy vassteek en recap. En dit is by die vassteek waar ek vassteek met my donkie. Hy loop raak so ...<< MORE >>

Die Tyd Gaan So Gou Verby

Soos die liedjie van Lukas Maree sĂȘ is daar geen einde aan die tyd nie, maar dit gaan tog so gou verby. Ampie sit hier vanmore en dink aan alles wat nog gedoen moet word die week, dankie tog hier in die land is dit 'n kort week en Ampie vat langnaweek, maar daar is nog soveel om te doen. Ek wil graag eposse klaar beantwoord, van my luisteraars kla al ek beantwoord nie my eposse nie, ek ignoreer hulle. Nee my liewe vriende dit is nie die geval nie, ons het deur ongekende groei gegaan met heelwat tandekry pyne ...<< MORE >>

Verskering en Assuransies

Ampie lees vandag se koerantjie weer so skuins langs en sien die omies by Momentum het besware oor wat hulle se polisse mag uitbetaal en wat nie. Nou kyk, Ampie het in sy dag des lewens nog altyd geglo 'n assuransie agent is 'n skelm, hy vat net jou geldjies en as jy hom nodig het, sien jy hom nooit weer nie. En Ampie het nie net een nie, maar baie mense al hoor kla oor dieselfde storie, hulle het hulle belegging aan die assuransie man gegee, en hy is vort daarmee, of hulle het elke maand so klein bedraggie ...<< MORE >>